Simone de Beauvoir | |
---|---|
Simone de Beauvoir in Maart 1967 | |
Gebore | Simone Lucie-Ernestine-Marie Bertrand de Beauvoir 9 Januarie 1908 |
Sterf | 14 April 1986 |
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep | skrywer, filosoof en feminis |
Eggenoot | Jean-Paul Sartre |
Ouer(s) | Georges Bertrand de Beauvoir (vader) Françoise Brasseur (moeder) |
Handtekening | |
Simone de Beauvoir (9 Januarie 1908 – 14 April 1986) was 'n Franse skrywer, filosoof en feminis. Die omvang van haar werk is divers; sy was 'n romanskrywer, politieke teoretikus, essayis, asook 'n biograaf en outobiograaf. Sy is veral bekend vir haar werk, Le Deuxième Sexe (Die tweede geslag, 1949), waarin sy 'n gedetailleerde analise van die onderdrukking van die vrou gedoen het. Die eksistensiële dilemma is die sentrale tema van vele van haar werke, maar haar perspektief strek van die outobiografiese tot die historiese.